WIMPY STIGTER DEEL SAKELESSE

Eric Tocknell gesels oor sterk manne in moeilike tye by Radio Tygerberg 104fm se Sakebyeenkoms

16 Augustus. Dit is ‘n datum wat alle Kaapse sakelui solank kan dagboek. Radio Tygerberg 104fm se volgende sakebyeenkoms vir 2018 word dan in die Barnyard Willowbridge gehou. Die geleentheid word aangebied in samewerking met Sanlam Multi Data.

Die gasspreker is Eric Tocknell, stigter van die Wimpy Restaurant groep wat besighede soos Juicy Lucy en Milky Lane in Suidelike Afrika en Australië insluit.  Hy is reeds 58 jaar getroud, is die pa van drie getroude kinders, en grootouer vir agt kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Die tema van Tucknell se praatjie is Sterk Manne in Moeilike Tye.

Radio Tygerberg 104fm se sakebyeenkomste het al sinoniem geraak met inspirerende gesprekke deur vooraanstaande sake- en sportlui, kunstenaars en mense wat ‘n verskil in ander se lewens maak. Dit is vir talle sakelui ‘n baken van hoop en bied die geleentheid om met mede gelowiges te netwerk en hoopvol te kan bly in uitdagende tye.

Die geleentheid se fokus was en is steeds om geloof as ‘n leefstyl te bevorder met die fokus op besigheids- en geestelike beginsels.

Radio Tygerberg 104fm se sakebyeenkomste word as ‘n reël aangebied van 06:30 – 08:30 by die Barnyard Willowbridge in Tygervallei, Bellville. Toegang is gratis en daar word koffie en ligte verversings bedien, maar besprekings is noodsaaklik.  Stuur gerus ‘n e-pos na sake@104fm.co.za vir meer inligting en om jou plek of tafel te bespreek.

2018-08-01T14:21:53+00:00 August 1st, 2018|Algemeen|0 Comments