Radio Tygerberg 104fm draai Augustus op sy kop

Jou gunsteling omroepers van vroegdag tot laataand

Verandering kan lekker wees.

Radio Tygerberg 104fm hou van verandering en is opgewonde oor die programveranderinge wat vanaf 1 Augustus geïmplementeer word. As deel van die #NuweBegin-veldtog wat op 1 April afgeskop het, kan luuisteraars reeds daagliks vanaf 05:00 hul dag op ‘n hoë noot begin met Gerald Petersen in Nuwe Môre. Die immergewilde Anton Brink slaap effe later en sluit vanaf 06:00 by Gerald aan om die oggend verder in te kleur in Oggendrooi. Eunice Stoltz sal jou steeds op hoogte hou van nuusgebeure asook goeie nuus saam met die Oggendrooi-manne.

En wanneer jou hongerpyne begin pla staan Benescke Janse van Rensburg gereed met pitkos vir die siel in Brunch met Benescke 09:00-12:00. Benescke gaan fokus op alles van ouerskap, uitreikaksies en praktiese wenke wat jou sal inspireer om die beste in jouself, ander en elke dag te vind.

Lorrein Katzke kuier steeds die luggolwe warm tussen 12:00 en 15:00 in haar gewilde Kuiertyd. Lorrein is bekend vir haar heerlike resepte, die baie gewilde “Focus on the family’-insetsel asook inspirerende en lekker kuiermusiek in die “musiekmandjie” – ’n halfuur van ononderbroke musiek en jy kan help om die speellys saam te stel.  Tydens Kuiertyd kan jy bietjie agteroorsit met jou ’n heerlike koppie koffie of tee en saam met Radio Tygerberg “kuier”.

Ons middag huis toe ry program, Vuurvas, word met ’n uur verleng om jou pad huis toe nog korter te maak. Ons ry nou elke middag vanaf 15:00 tot 19:00 met jou huis toe met Reinhard Kotze. Die op-en-wakker program sal jou op hoogte hou van die dag se nuus asook sportnuus. Ons maak seker dat jy vinnig en veilig by die huis kom met ’n verkeersverslag elke halfuur. Inspirende onderhoude en insette sal jou bemoedig om vas te staan tydens tye wat dit soms moeilik gaan.

Denise Williams gaan elke weeksaand sorg jy kry die beste musiek en geselsklanke vanaf 19:00-22:00 tydens Aanklank.

Van 22:00 neem Radio Tygerberg 104fm se Xhosa-uitsending luisteraars deur die nagskof en bemoedig duisende luisteraars met preke, inspirerende musiek, programme van hoop en deurbrake.

Radio Tygerberg 104fm is jou altyd-aan-maklik-bereikbare vriend. Vroegdag tot laatnag speel ons toonkrul lekker plaaslike en internasionale treffers, inspireer jou daagliks met stories van hoop, op en wakker aanbieders terwyl ons nuusspan jou ophoogte hou van wat in en om die wêreld aangaan.

Radio Tygerberg 104fm – Ons leef Christus

Neem ook kenns van die volgende programskuiwe van 1 Aug. 2018

  1. Huweliksprogram (Ma.oggende 10:40) skuif na Wo.middae 14:25
  2. Ons onderwysprogram, Ek en my kind, (Dinsdagaande 18:15), skuif na Dinsdaemiddae 14:30
  3. Wiele2 Wiele (Wo.aande 20:00) skuif na Woensdaemiddae 15:10
  4. Tygermedies sal weer voortaan Woensdae-aande om 20:15 uitgesaai word.
  5. 20/20 visie wat Vrydae-aande uitgesaai word, sal nou Sondaemiddae om 16:15 uitgesaai word
  6. Maak ook seker jy skakel in vir ons ‘n splinternuwe sendingprogram, Voetspore, op Sondae. Dit gaan weekliks om 12:00 uitgsaai word.
2018-08-01T14:46:00+00:00 August 1st, 2018|Algemeen|0 Comments