ONS OMROEPERS


INGRID VENTER

Uitsaai tye:
Sondae 17:00 - 20:00

Ingrid het 'n passie vir Jesus en vir mense en by Tygerberg 104FM kan sy beide uitleef. Sedert sy in 1994 by die radiostasie aangesluit het, het sy al 'n groot verskeidenheid programme aangebied. Toe Radio Tygerberg vir die eerste keer sy 24 uur uitsaailisensie gekry het, het sy reggestaan met die huistoe-ry program, In Rat, wat sy vir drie jaar aangebied het. Sy was ook aanbieder van die baie gewilde reisprogram Tasse en Matrasse en Sout van die Aarde, wat onlangs ná sewe jaar, tot 'n einde gekom het.

Sy het ook die voorreg gehad om die eerste uitsending te doen vanuit die splinternuwe ateljees en sy het baie staaltjies om te vertel oor die verskil tussen toe en nou. Tans is sy nog betrokke by verskeie programme en sal jy haar Sondagaande hoor wanneer sy die mense van die Wes Kaap bemoedig.

Sy het groot waardering vir die luisteraars van die Wes-Kaap en sê hulle meelewing en omgee en passie vir die lewe is aansteeklik.

Sy is ook 'n sakevrou, betrokke by verskeie liefdadigheidsorganisisasies en die ma van twee pragtige jong mans. Sy glo sy is 'n "connecter" en is deurentyd besig om mense aan mekaar te verbind tot voordeel van beide partye. Vriende en familie is vir haar kosbaar.

Sy verkies radio... “sodat jy onsigbaar kan wees, en Jesus al die eer kan kry.”