ONS OMROEPERS


LOUISE SILVER

Uitsaai tye:
Saterdae 18:00 - 22:00
Sondae 13:00 - 17:00

Louise Silver is ‘n trotse Karoo meisie, met ‘n groot passie vir Jesus, familie, kos, gesels, lag en regverdigheid. Sy glo dat God ons juis almal perfek anders geskape het sodat ons elkeen kan deel wees van sy fenomenale legkaart. Radio was nog altyd vir haar ‘n groot voorliefde, en die voorreg om betrokke te raak, al was dit agter die skerms, het haar tebeurt geval. Louise het sowat vyf jaar gelede in Johannesburg die geleentheid gekry om agter die mikrofoon in te skuif en het toe Saterdagoggende ‘n gebedsprogram op Rainbow FM in die goudstad aangebied.

Toe die berg en die see haar en haar gesin Kaap toe roep, het sy by Radio Tygerberg gaan hoor hoe hulle haar kon gebruik. ‘n Maand en ‘n half later word sy die aanbieder van die Sondagmiddag program tussen 13:00 - 17:00 op Tygerberg 104FM, en sowat ses maande gelede is die oggend skof op Saterdae by haar portefeulje gevoeg. Vanaf 2 Augustus behartig Louise die Saterdag aandskof tussen 18:00 – 22:00. Deur die week is sy betrokke by Suid Afrika se 1ste, eie sosiale netwerk in Afrikaans, naamlik Toeter.

“...groot passie vir Jesus, familie, kos, gesels, lag en regverdigheid.”