ONS OMROEPERS


LISA TRUTER

Uitsaai tye:
Woensdae 18:00 - 22:00

Lisa doen meestal net wat haar hand vind om te doen en gryp elke geleentheid aan om ‘n verskil te maak vir die Koninkryk – en Tygerberg 104FM is ‘n perfekte medium daarvoor.

Sy is gebore in die Kaap maar het grootgeword in Centurion. Direk na skool het sy teruggekom Kaap toe en aangesluit by Straatwerk, ‘n organisasie wat uitreik na mense in nood (haweloses, verslaafdes, vroue vasgevang in prostitusie ensomeer). Sy behartig tans die kommunikasie-afdeling van Straatwerk (www.straatwerk.org.za) en neem deel aan verskillende uitreike. Sy het ook ‘n passie vir gebroke kinders en is programbestuurder van Zoe Trust, wat spesifiek fokus op Heideveld op die Kaapse Vlakte.

In 1996 het sy vir die eerste keer agter die mikrofoon ingeskuif met die program Straatwerk op Tygerberg 104FM.

Tans bied sy op Woensdagaande die program 20/20 Visie aan en haar doelwit is om aan die luisteraars ‘n 20/20-visie te gee sodat hulle helder kan sien wat hulle verantwoordelikheid is ten opsigte van nood in hulle omgewing. “Gee verantwoordelik” is ons gesamentlike doel.

In die aandgleuf op Donderdae leer sy alles van vierwiele, tweewiele en motorsport.

“Wat ‘n
voorreg om
gemeenskap en
radio bymekaar
te bring!”