ONS OMROEPERS


ETTIENNE SMITH

Uitsaai tye:
Saterdae 13:00 - 18:00

Ettienne Smith is gebore en getoë in Bellville. Sy liefdes in die lewe is vliegtuie, radio en spesifiek musiek. Hy is eintlik ‘n gekwalifiseerde ambagsman, maar radio het die oorhand in 1995 gekry. Sedertdien is hy betrokke by Tygerberg 104FM en seker een van die omroepers wat die langste hier werksaam is. Musiek is een van sy grootste passies, daarom is dit glad nie snaaks dat hy die musiek en vele ander take by Tygerberg 104FM verrig nie. Die Here het hom nog steeds na al die jare by Tygerberg 104FM nodig.

“My werk
hier is
nog nie
klaar nie,”
sê hy!