ONS OMROEPERS


ANTON BRINK

Uitsaai tye:
Weeksdae 06:00 - 09:00

Anton Brink, mede-aanbieder van die ontbytprogram
Oggendrooi op Tygerberg 104FM, is ‘n toegewyde Christen.
Hy is ‘n plat op die aarde, voete op die grond, lojale, intelligente,
niks-nonsens tipe ou met ‘n baie goeie sin vir humor, waarvan
sy vrou, kinders, vriende en kollegas goed kan getuig.

"Ek het nie radio gekies nie, radio het my gekies!” Dit is hoe Anton sy passie vir radio beskryf. Dit was nooit deel van sy plan om op die radio te praat nie, maar toe hy eers begin het was daar geen omdraai kans nie. Dit het begin met een advertensie en nou saai hy elke weeksdag uit.

Anton is passievol oor wat hy doen en leef hom ten volle uit in sy werk. Sedert einde 1999 het hy die voorreg om elke dag dit te doen waarvoor hy lief is, naamlik radio- en stemwerk. Hy en sy vrou, Arlene, is al sedert 2004 baie gelukkig getroud en het twee pragtige kinders, 'n seun Léhan en 'n dogter Léri.

“Hy hoop dat
hy sommer
nog baie
jare in die
radiobedryf
betrokke sal wees”