Die stasie het in April ‘n bemarkingsveldtog, #nuwebegin,van stapel gestuur. Dit volg op heel wat veranderinge wat die afgelope ses maande plaasgevind het in aanloop tot die viering van Radio Tygerberg 104fm se 25ste bestaansjaar in September vanjaar.
Met sy unieke program samestelling en daaglikse uitsendings in hoofsaaklik Afrikaans, asook in Engels en Xhosa, spog die stasie met ‘n paar splinternuwe stemme. Gerald Petersen skop elke weeks oggend om 05:00 die dag af met nuwe ywer en inspirasie in die splinternuwe program Nuwe Môre. Dis die eerste keer in die radiostasie se geskiedenis dat Radio Tygerberg 104fm se Afrikaanse dag programme reeds om 05:00 begin. Luisteraars wat daardie tyd op pad werk toe is, kan nou vroeër reeds inskakel op 104fm.
In die middae maak Reinhard Kotze die pad huistoe effe korter in die middag spitstyd program Vuurvas tussen 15:00 en 18:00 op weeksdae. Saterdag middae sal ook nooit weer dieselfde wees nie, aangesien ons plek maak vir nuwe stemme en talent. Jykan ‘n luilekker Saterdag middag geniet met onderandere Wayne de Vos tussen 15:00-18:00. Die gewilde program Kaapse Klanke word steeds Saterdae om 15:30 uitgesaai.
Agter die skerms het daar ook ‘n paar belangrike bestuurskuiwe plaasgevind. Sedrick Taljaard, voormalige inhoudsbestuurder, het in Oktober die leisels as algemene bestuurder oorgeneem by Hardus Zevenster, wat nou aan die hoof staan van die Bloudruk Mediagroep, waarvan Radio Tygerberg 104fm lid is. Rikus van Rooy is aangestel as nuwe inhoudsbestuurder, met Adrie Jurgensen wat as skakelbeampte omsien na die kommunikasie en skakelprojekte van die radiostasie. Chandré Albertze is aangestel as verkopekoördineerder, met Minnette Heunis wat begin Mei as verkoopskonsultant by die span aangesluit het. Ook die nuusafdeling spog met ‘n splinternuwe nuushoof, Eunice Stolz.
Aanpassings is ook aan Radio Tygerberg 104fm se webtuiste, sosiale media en toep (app) gemaak ten einde die gebruikerservaring te verbeter.
Te midde van die implementering van #nuwebegin kry die stasiese luisteraars die versekering dat die bekendestemme van Anton Brink en Benescke Janse van Rensburg van Oggendrooi, Bonanza se Denise Williams en Kuiertyd se Lorrein Katzke steeds gehoor word. So ook die Xhosa-span wat daagliks van 22:00 – 05:00 Christus aan duisende Xhosa luisteraars verkondig. Dié span, onderleiding van Nosipho Mahlanyana, is in die gemeenskap betrokke by verskeieprojek teen sodoende word Jesus tasbaar vir elkeen in die Kaapse Skiereiland.
Met #nuwebegin wil Radio Tygerberg 104fm ‘n pad stap saam met elke luisteraar. Of jy in ‘n plek van seer is, ‘n gebroke hart het of kan juig en uitroep hoe genadig Christus in jou lewe betrokke is, Radio Tygerberg 104fm is daar vir jou op frekwensie 104fm. Ons pleister op die hart simboliseer die begin van die herstel proses. Dis ’n proses van herstel en verandering wat lei na die pleister met die heel hart, ’nheel mens wat weerander in nood kan help. Hierdieboodskap word sterk uit gedra deur middel van nuwe advertensie borde oral in die Skiereiland.
Skakel daagliks in op Radio Tygerberg 104fm, besoek ons webwerf, laai die toep af of besoek ons sosiale media platforms om deel te wees van ons #nuwebegin-veldtog. Ons is dankbaar teenoor ’n liefdevolle, genadige en lewendige God wat spesialiseer in tweede kanse, en daarmee saam ’n Nuwe Begin. Skakel in en stap die pad saam met ons.