Gebedsbediening 2018-09-09T22:10:25+00:00

Gebedsversoeke

Gebed is die fondament van alles wat ons by Radio Tygerberg 104fm doen. Indien jy vandag gebed benodig, weet dat ‘n span van passievolle gebedsvriende elke versoek aan Jesus opdra.

Stuur `n gebedsversoek





Bedieningspersoneel:

Jean Muller en Minda Groenewald hanteer Radio Tygerberg 104fm se Ontvangs en maak seker dat elke persoon wat inkom spesiaal voel. Hulle bied ook ondersteuning met sekere programme wat oor die lug uitgaan onder meer Werkverskaffing en Alles en nog wat.

Radio Tygerberg 104fm se gebedsbediening sluit in:

  • Gratis beradingsdiens by die radiostasie tydens kantoor-ure (Dinsdae tot Vrydae)
  • Gebedsondersteuning aan ons luisteraars.
  • Uitreike na mense in die Radio Tygerberg 104fm uitsaaigebied in die vorm van bejaarde besoeke, evangelisasie, skole, huwelikseminare
  • Die reël van opnames van preke / boodskappe met plaaslike predikers / gemeentes
  • Programhantering soos Gemeenskapsnuus en Kerknuus

Jean Muller,  Minda Groenewald & Ziva Spangenberg

Die bedieningsafdeling het `n opgeleide berader – Ziva Spangenberg wat ook as projek-koördineerder verantwoordelik is vir die organiseer van uitreikprojekte.

Daar is ook gebedsvriende wat luisteraars bystaan met gebed en elke versoek word aan die Here opgedra.

Radio Tygerberg 104fm: Ons leef Christus