MTBS - 2014


Die Bellville-atletiekstadion het op Vrydag, 7 Februarie weer uit sy nate gebars met die jaarlikse MTBS waar 3 200 leerders van die hoërskole Stellenberg, Tygerberg, Bellville en D.F. Malan mekaar die stryd op die atletiekbaan én pawiljoen aangesê het.

Derduisende toeskouers het reeds voor 05:00 na die stadion gestroom om die skole se krete te beleef. Radio Tygerberg was natuurlik ook daar en Anton en Rouchelle van Oggendrooi het regstreeks vanaf die stadion uitgesaai.

No images found.
Powered by CjBlog