En Sy seëninge ken geen einde!

Sedrick Taljaard, algemene en bemarkingsbestuurder by Radio Tygerberg 104fm glimlag van oor tot oor by die span wat die aandskof hanteer het, pastore Ettienne Marais en Cois de Kock en omroeper Rosebud Tsobane.

Radio Tygerberg 104fm het verlede week van Maandagoggend 06:00 tot Vrydagaand 22:00 ’n rekordbedrag van meer as R2miljoen rand ingesamel in sy tweejaarlikse fondsinsamelling, beter bekend as Pledgeweek. Vanjaar se tema was Geseën om te seën en in hierdie week het die personeel en luisteraars dié leuse eerstehands ervaar toe die rande en ook die reëndruppels behoorlik ingestroom het. Die geld word aangewend vir verskeie projekte in die gemeenskap en help om die stasie, wat ‘n nie-winsgewende organisasie is, op die lug te hou. Die kantoor sal die week van 08:00 tot 17:30 oop wees vir inbetalings of besoek die FaceBook-blad vir meer besonderhede.

2018-06-11T21:28:38+00:00 June 11th, 2018|Algemeen|0 Comments